Wie is ons

Weet Meer Oor Everwood Gastehuis

Hierdie pragtige instelling is een van Kleksdorp mees trotse gastehuise wat al meer as `n dekade besoekers en reisiger bedien. Alle kamers in hierdie unieke gastehuis is uiters smaakvol, maar het ook `n "tuis gevoel".

Jy sal jouself geniet met `n onvergeertlike verblyf in `n luukse gastehuis. Ons pragtige tuin is beskikbaar vir alle gaste, en die tuin aan die agterkant van die gastehuis kan betree word vanaf die leef area.

’n Onverbeterlike volledige ontbyt word bedien deur u gasheer Johann. Kom en ervaar die omelette deur hom voorberei, die moeie werd om voor terug te kom.

Elke kamer is heeltemal uniek en die binnenshuise swembad is `n moet sien. Jy sal jou ontbyt langs die binnenshuise swembad geniet waar jy ook kan ontspan op een van die luukse rusbanke in die sitkamer.

Braaigeriewe is ook beskikbaar op ons pragtige patio asook yskas- en koel geriewe is ook beskikbaar.

Picture of owners

Ontmoet die eienaars

Reeds vanaf Julie 2011 verwelkom die vriendelike Johann en sy vrou, Alta die gaste in hul pragtige gasvrye en huislike omgewing.

Johann is goed bekend in Klerksdorp as `n professionele rekenmeester wat meer as 30 jaar in die bedryf was. Hy het ook gedien as die president van die Noordwes vereniging van geoktrooieerde rekenmeesters vir 5 jaar tot en met 1999 en was `n lid van die raad tot aftrede in 2002.

Standaard Luukse Kamers

Eksklusiewe Wittebrood Kamer

Gesinskamers